
=====================================================================
Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Taalkennis is bron van vreugde

Na aanleiding van dr. Hendrik Schott se artikel Taalervaringe van 'n Duitse Immigrant in Afrikaans Vandag van Maart 1999, en die algemene 
verskynsel onder Afrikaanssprekendes om Engels te gebruik, selfs in 'n gesprek met 'n Nederlander of 'n Duitser, deel W.J. Verwoerd 'n eie 
ervaring. HIERDIE storie gaan nie eintlik oor Afrikaans nie, maar miskien kan dit tog as 'n voorbeeld dien vir akademici aan 
Afrikaanstalige universiteite, waar oorsese studente en selfs personeellede nie meer skaars is nie.

Ek was onlangs 'n deelnemer aan 'n sogenaamde "wetenskaplike werkswinkel" op 'n klein dorpie 340 km noord van Mumbai (dit is nou, vir di 
wat nie weet nie, die ou naam van Bombaai, wat deur die Hindoe-nasionale party in ere herstel is). So 'n "werkswinkel" het gewoonlik 'n 
beperkte aantal deelnemers (20 of 30) wat almal daarheen genooi word vanwe 'n gemeenskaplike belangstelling. In hierdie geval was ons 
saamgetrek by 'n myn diep in die boendoe van Indi. Daar jag stamme nog met pyl en boog.

Die deelnemers het o.a. gekom van Kanada, Engeland, Duitsland, Rusland, die V.S.A., Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Indi het 'n baie groter 
verskeidenheid tale as ons land en dit was natuurlik nie vir ons 'n verrassing dat kommunikasie deurgaans in Engels geskied het nie. Wat 
vir my en sommige deelnemers egter oopmond verbaas het, was om die hooforganiseerder, 'n beskeie professor uit Mumbai, vlot te hoor Duits 
praat. Duits uit die mond van 'n Wambo was nie vir my snaaks nie, maar Duits uit die mond van 'n Indir wel.

Srinivas Viladkar was nie 'n uitruilstudent of beurshouer wat verplig was   om Duits te leer omdat hy in Duitsland gestudeer het nie. Hy 
het uit eie beweging aansoek gedoen om as navorser sy sabbatsverlof aan die Universiteit van Freiburg-im-Breisgau deur te bring. Dit was 
vir hom so voordelig dat hy gereeld daarheen teruggekeer het om sy navorsing voort te sit. Hy het later vertel wat met hom gebeur het toe 
hy die eerste keer daar aanland. Sy studieleier het vir hom ges: "Kyk, ons weet jy is Engelssprekend en almal in die Departement kan 
Engels praat. As jy dit verkies kan ons in Engels met jou kommunikeer, maar as jy regtig wil tuis voel, sal ek aanbeveel dat jy 'n 
taalkursus volg en probeer Duits praat."

Hy het dit gedoen en mettertyd 'n geeerde kollega geword. In sy kantoor in Mumbai vertoon hy met trots 'n diploma in Gotiese skrif wat 
sertifiseer dat hy verkies is tot voorsitter van die tafeltennisklub. Sy kennis van 'n derde of vierde taal verskaf hom besondere 
genoegdoening, al is dit nie vir hom van enige nut in Indi nie. Prof. W.J. Verwoerd   is afgetrede hoogleraar in geologie, Universiteit 
van Stellenbosch.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av627.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

